Soorte resepte:

Resep: Skaapvleiskerrie met geelrys

Skaapvleiskerrie met geelrys (Foto: Lapa-uitgewers/Onthoukos)

ʼn Heerlike, huislike dis met tonne geur.

Lewer 6 porsies

Bestanddele

  • genoeg Clover Farmstyle-botter
  • 1,2 kg skaapvleisblokkies
  • 2,5 ml (½ t) sout
  • 2 uie, gekap
  • 5 ml (1 t) vars gekapte knoffel
  • 5 ml (1 t) gemaalde fyn komyn (jeera)
  • 2,5 ml (½ t) mosterdsaad
  • 15 ml (1 e) mielieblom
  • 2 kardemomsade
  • 2 heel naeltjies
  • 5 ml (1 t) borrie
  • 20 ml (4 t) garam masala
  • 1 ml swartpeper
  • 375 ml (1½ k) witwyn
  • 250 ml (1 k) beesvleisaftreksel
  • 410 g (1 blik) gekapte tamaties

GEELRYS MET ROSYNE

  • 500 ml (2 k) kookwater
  • 250 ml (1 k) witrys
  • 5 ml (1 t) borrie
  • 1 stuk pypkaneel
  • 2,5 ml (½ t) sout
  • 125 ml (½ k) pitlose rosyne

Metode

  1. Smelt genoeg botter en braai die vleis in sarsies tot bruinerig buiteom. Skep dit uit en hou eenkant. Sprinkel sout bo-oor.
  2. Smelt nog botter en soteer die uie en knoffel tot sag. Voeg al die oorbywende bestanddele by. Roer tot goed gemeng.
  3. Skep die gebraaide vleis terug in die kastrol. Plaas die deksel op en laat prut stadig vir 2 uur of tot die vleis sag is. Roer een keer gedurende die kooktyd.
  4. Maak solank die geelrys.

GEELRYS MET ROSYNE

  1. Giet die kookwater, rys, borrie, pypkaneel en sout saam in ʼn groot genoeg glasbak.
  2. Bedek met kleefplastiek en mikrogolf by 100% vir 14 minute.
  3. Laat staan die rys vir 10 minute tot uitgeswel.
  4. Dreineer die rys deur ’n vergiettes.
  5. Roer die rosyne by en verhit weer by 100% vir 4 minute.
  6. Roer die rys deur en sit warm saam met die kerrievleis voor.

Bron: Onthoukos

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Linda Malherbe ·

Die resep sê niks van die hoeveelheid kerrie wat moet bygevoeg word nie?

Mariné Lourens ·

Dagsê Linda

Dankie vir jou kommentaar. Hierdie resep het vier teelepels garam masala in, ‘n Indiese spesery wat ‘n soortgelyke smaak aan kerrie het. Dit word gereeld in Indiese kerries gebruik. Indien jy nie garam masala het nie, kan jy dit gerus met kerrie vervang.

Groete
Mariné
nms Maroela Media

Lekker resep ·

Hierdie lyk na ‘n lekker resep veral vir die komende herfs en winter.

Mens moet net pasop vir te veel eet van die gereg anders lyk mens sommer gou-gou soos Humptey Dumptey wat soos ‘n pokkel loop op soek na ‘n muur.

Mariné Lourens ·

Dagsê Corne

Dankie vir jou kommentaar. Kardemom is ‘n gemmeragtige Oos-Indiese plant waarvan die geurige sade in kos gebruik word. Die Engelse benaming is “cardamom pods”.

Groete
Mariné
nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.