Soorte resepte:

Resep: Skelvis-en-spinasiepasta

Skelvis en spinasiepasta (Foto: Lanbou Boerekos)

Maak jou pasta interessant met seekos en spinasie!

Lewer 6–8 porsies

Bestanddele

  • 500 g bevrore, gerookte skelvis
  • 750 ml melk
  • 1 pak (600 g) spinasie, gewas, are uitgesny en gesnipper1 pak (500 g) pasta van jou keuse
  • 30 ml botter
  • 40 ml koekmeel
  • ekstra melk, indien nodig
  • 250 ml gerasperde cheddarkaas
  • knippie neutmuskaat
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 125 ml vars broodkrummels

Metode

  1. Sit die visporsies in ’n pan en giet die melk bo-oor.
  2. Verhit tot kookpunt en posjeer oor lae hitte tot die vis gaar is en net-net vlok.
  3. Verwyder van die hitte en laat staan vir 10 minute.
  4. Terwyl die vis afkoel, stoom die spinasie in die mikrogolf gaar, druk enige vloeistof daaruit en kap dit fyn. Hou eenkant.
  5. Kook die pasta in soutwater tot gaar, maar nog ferm. Dreineer en hou eenkant warm.
  6. Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n oondbak met botter.
  7. Verwyder die vel en enige grate van die vis en vlok die vis grof.
  8. Giet die melk in ’n maatkoppie en vul dit met vars melk aan tot 750 ml. Smelt die botter in dieselfde pan. Voeg die meel by en verhit tot die mengsel borrel.
  9. Voeg die louwarm melk by en verhit, terwyl aanhoudend geroer word, tot kookpunt. Prut tot die sous effens verdik is.
  10. Verwyder van die hitte en roer die kaas by.
  11. Geur met neutmuskaat, sout en varsgemaalde swartpeper.
  12. Voeg die kaassous en vis by die gaar pasta en meng liggies. Voeg die spinasie by en meng weer.
  13. Skep alles in die oondbak en sprinkel die broodkrummels oor. Bak 20–30 minute tot goudbruin.

 

Bron: Landbou Boerekos

Uitgewer Human & Rosseau

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Katerina ·

Dit klink Yummmeee! Sal dit een of ander tyd in die toekoms vir myself en my oudste dogter maak. My man en seun is te vol fiemies om spinasie of skelvis te eet maar dit sal my dogter een aand se kosmaak spaar. Dankie Maroela!

Peet J ·

Hoekom nou die woord skelvis gebruik “skelvis beteken eetbare vis ” m.a.w. dit kan enige soort vis beteken, forel, hake, sole , snoek, geelvis ,barber karp, ens.

Katerina ·

Skelvis is die woord wat gewoonlik gebruik word vir “Haddock”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.