Viskoekies is lekker vir enige maaltyd. Hou dit koel en dit kan selfs vir ʼn kosblik werk!
Lewer 6 porsies
Bestanddele
- 3 groot aartappels, geskil
- 1 groenteaftrekselblokkie
- bietjie olie
- 2 selderystingels, gekap
- 1 ui, fyngekap
- 2,5 ml (½ t) gekapte vars knoffel
- ½ rooi soetrissie, in blokkies gesny
- ½ groen soetrissie, in blokkies gesny
- 2,5 ml (½ t) droë gemengde kruie
- sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
- 5 ml (1 t) Aromat
- 750 ml (3 k) gevlokte gaar skelvis
- 187 ml (¾ k) fyngerasperde cheddarkaas
- 250 ml (1 k) vars broodkrummels
- 1 ekstragroot eier
AFRONDING
- 1 eier, geklits
- 250 g (1 pakkie) droë broodkrummels
- genoeg olie vir vlakvetbraai
Metode
VISKOEKIES
- Kook aartappels saam met aftrekselblokkie in borrelende kookwater tot gaar. Dreineer en druk aartappels fyn terwyl dit nog warm is.
- Verhit olie en soteer seldery, ui en knoffel daarin tot sag. Voeg soetrissies by en soteer nog 5 minute.
- Voeg kruie by en soteer nog bietjie. Verwyder van hitte en geur met sout, peper en Aromat.
- Voeg aartappels, vis, kaas en broodkrummels by uiemengsel. Klits eier en roer by vismengsel.
AFRONDING
- Vorm koekies. Doop eers in geklitste eier en rol dan in broodkrummels.
Verhit olie en braai koekies aan albei kante daarin tot goudbruin, ongeveer 5 minute aan elke kant.
Bron: Vinnig en maklik: Respete uit Vrouekeuer 3
Uitgewer: Lapa-uitgewers