Soorte resepte:

Resep: Smoorsnoek

Foto: Skottel en spens

Foto: Skottel en spens

4 porsies

Bestanddele:
2 uie, in ringe gesny
1 e olie
1 e botter
2 aartappels, in blokkies gesny
2 ryp tamaties, geskil en gekap
½ t suiker
ʼn knippie rooipeper
250g gerookte snoek, vel verwyder, ontgraat en gevlok
sout en peper na smaak
ʼn bietjie suurroom
skyfies suurlemoen
gekapte pietersielie
2k gekookte witrys

Metode:
1. Soteer die uie in die olie en botter.
2. Voeg die aartappels by en roerbraai dit tot goudbruin.
3. Voeg die tamaties, suiker en rooipeper by. Prut dit stadig totdat die aartappels gaar is.
4. Voeg die snoek by. Verhit dit terwyl alles geroer word.
5. Geur die vis met die sout en peper.
6. Roer ʼn bietjie suurroom by.
7. Garneer dit met skyfies suurlemoen en gekapte pietersielie.
8. Bedien op witrys.

Wenk: Smoorvis is net so lekker koud en jy kan die oorskiet die volgende oggend met ʼn bietjie mayonnaise op ʼn broodjie eet.

Resep oorspronklik gepubliseer in die boek Skottel en spens
Uitgewer: Duto Media
Prys: R280-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.