Soorte resepte:

[Resep] Snoek oor die kole

Snoek oor die kole (Foto: Gunsteling Suid-Afrikaanse kos, Lapa-uitgewers)

Snoek oor die kole en ʼn glas wyn in die hand – dit is geselligheid op sy beste!

6-8 porsies

Bestanddele:

  • 1 snoek
  • 100 g Clover Farmstyle-botter
  • 4 knoffelhuisies
  • 125 ml appelkooskonfyt
  • 30 ml vars suurlemoensap
  • 30 ml witwyn
  • sout en peper

Metode:

  1. Sny die snoek se stert en kop af. Sny die maaggedeelte oop en haal al die binnegoed uit. Was die snoek goed onder lopende water. Klad die snoek met kombuispapier droog tot die meeste water geabsorbeer is.
  2. Verhit die botter en knoffel saam en laat dit oor lae hitte prut. Roer die appelkooskonfyt by tot dit gesmelt is en haal die mengsel van die hitte af.
  3. Roer die suurlemoensap en witwyn by die bottermengsel tot goed gemeng.
  4. Geur die vis liggies met sout en peper.
  5. Plaas die oopgevlekte snoek op 2 lae dik foelie. Verf die snoek goed met die bottermengsel. Die vleiskant van die snoek moet na bó wys.
  6. Braai dit ongeveer 15 minute tot gaar, afhangend van hoe warm die kole is en hoe hoog die rooster bokant die kole is. Druk ʼn vurk in die dikste gedeelte van die snoek. As die snoek vlok, is dit gaar.
  7. Sit dit warm voor saam met vars witbrood en korrelkonfyt.

Wenk: Om tyd en moeite te spaar kan jy ʼn skoongemaakte snoek koop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Weskusser ·

As jy n snoek op 2 lae dik foelie wil braai , kan jy hom maar in die oond ook druk.

Boesman ·

Ja-nee, ek stem 100% met jou saam…………braai hom oor oop kole !!!

Ellisras ·

Hierdie foto en resep is onmenslik wreed. Dit maak nie saak of dit nul. Een. Twee lae foelie is nie. Lekker bly maar lekker.

Kosie ·

Net so duur in die Kaap. Dis belaglik, duurder as vleis (al ons vis is duurder as vleis). Iemand maak ‘n killing. Stem saam, net so op die rooster, geen foelie.

Weskusser ·

Kosie. ja die vis is duur. Mos apartheid se skuld. (Nuwe apartheid). Geen kuswag, geen beheer. Ons visbronne is uitgeroei deur ander lande. Gaan maar oor vraag en aanbod. Ons kan nie snoek in voerkrale aanhou nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.