Soorte resepte:

Resep: Snoekterrien

Snoekterrien (Foto: Lapa-uitgewers)

Terrien en patee maak wonderlike geskenke, veral as jy na ʼn middag- of aandete uitgenooi word.

Lewer 4-6 porsies as ʼn voorgereg

Bestanddele

  • 500 g gaar snoek, grate verwyder en gevlok
  • 2 groot aartappels, gekook en geskil
  • 50 g botter
  • 75 ml room
  • 2 eiers
  • 60 ml brandewyn
  • 15 ml suurlemoensap
  • 1 ui, fyngekap
  • 1 knoffelhuisie, fyngekap
  • 30 ml gekapte pietersielie
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • Tabasco-sous na smaak

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ʼn terrienskottel (of ʼn foelie-broodpannetjie indien jy dit as ʼn geskenk gaan gee).
  2. Druk die snoek en aartappels saam fyn. Voeg die res van die bestanddele by en meng liggies deur. Voeg die geurmiddels by en skep die mengsel in die terrienskottel of foelie-broodpannetjie.
  3. Plaas die skottel in ʼn waterbad (bain-marie) voor jy dit in die oond plaas.
  4. Bak vir 45 minute, verwyder uit die oond en laat die terrien afkoel.
  5. Jy kan die terrien koud of teen kamertemperatuur bedien.

Wenk: Indien jy ʼn foelie-broodpannetjie gebruik moet jy die bokant van die terrien met foelie bedek sodat dit nie van kleur verander nie. ʼn Terrienskottel het gewoonlik ʼn deksel.

Bron: Koskaskos deur Francois Ferreira

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.