Soorte resepte:

Resep: Soja-en-gemmerhoender

Soja-en-gemmerhoender (Foto: Lapa-uitgewers)

Hoender wat nie net die kombuis heerlik sal laat ruik nie, maar ook jou proeknoppies sal prikkel!

Lewer 4 porsies

Bestanddele

  • 80 ml sojasous
  • 30 ml donker bruinsuiker
  • 5 knoffelhuisies, dun gesny
  • 160 ml gekapte vars koljanderblare en takkies vir versiering
  • 1 stuk vars gemmer (ongeveer 5 cm lank), geskil en in dun repies gesny
  • 250 ml gesnyde sprietuie
  • 15 ml balsamiese asyn
  • 5 ml fyn koljander
  • 2,5 ml fyn peper
  • 4 hoenderboudjies en 4 hoenderdye, vel verwyder
  • 2 middelslag-wortels, gesny
  • 15 ml mielieblom

Metode

  1. Meng die sojasous, suiker, knoffel, koljanderblare, gemmer, die helfte van die sprietuie, asyn, fyn koljander en peper in ʼn prutpot. Voeg die hoender en wortels by en roer.
  2. Bedek die prutpot en stel dit op laag vir 6 uur tot die hoender sag is. Gebruik ’n groot lepel om enige vet van die kookvloeistof af te skep.
  3. Meng die mielieblom met ’n bietjie water in ’n klein potjie en voeg 250 ml van die kookvloeistof daarby. Klits dit en laat dit vir ongeveer 1 minuut prut of tot die sous verdik.
  4. Skakel die prutpot af en roer die sous by die prutpot.
  5. Dien die hoender op met rys en garneer met koljanderblare en die oorblywende sprietuie.

Resep: 50 Prutpot-geregte

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.