Soorte resepte:

[Resep] Sout-en-peper-tjops met knoffel-aïoli

Bron: Japtrap Braai Uitgewer: Random House Struik

Foto: Japtrap braai

Aïoli is ʼn Franse woord vir mayonnaise, gewoonlik tuisgemaak, waarby baie vars, fyngedrukte knoffel gevoeg is. Om tyd te bespaar, kan jy eenvoudig mayonnaise van goeie gehalte koop en net vars knoffel byvoeg. Aïoli werk goed saam met groente-crudités en ander peuselhappies wat ʼn doopsous nodig het. Dit is ook ʼn goeie slaaisous

Genoeg vir 4

Bestanddele:

  • 8 lamlendetjops van die beste gehalte
  • olyfolie
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Aïoli-doopsous

  • 250 ml (1 k) mayonnaise van goeie gehalte
  • 3-4 knoffelhuisies, fyngedruk

Metode:

  1. Vryf die tjops met die olyfolie in en geur met sout en peper net voordat jy dit op die rooster sit. Braai vir 7-10 minute aan ʼn kant totdat dit heerlik bros is.
  2. Meng al die bestanddele vir die aïoli en sit dit as doopsous saam met die tjops voor.
  3. Om reg daaraan te laat geskied, eet dit met jou vingers.

Vir ʼn volledige en voortreflike maaltyd, geniet dit saam met Franse brood, wat jy ook in die aïoli kan doop en ʼn bottel yskoue witwyn.

Bron: Japtrap Braai
Uitgewer: Random House Struik

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Desi Jordaan ·

Baie dankie vir Maroela Media se gratis inteken,asook jul pragtige resepte,mag jul Geseend wees.
Groete
Desi

Lucas ·

Ek hou baie van die resep idee maar om ‘n duur lamtjop so te verwoes tot hy bros is om ‘n lekker stuk vleis op te neuk!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.