Lewer 6 porsies
Bestanddele:
50 ml kookolie (4 e)
2 groot uie (in skywe gesny)
2 knoffelhuisies, gekneus
750 g gemaalde beesvleis
4 middelslag-tamaties, geskil en gekap
1 blikkie tamatiepasta (115 g)
10 ml suiker (2 t)
7 ml sout (1½ t)
1 ml rissiesous of ‘n knypie rooipeper
1 pak spaghetti (500 g)
150 g gerasperde kaas (375 ml) (1½ k)
25 ml fyn gekapte pietersielie (2 e)
5 ml Aromat (1 t)
Metode:
1. Verhit kookolie in ‘n swaarboomkastrol en braai uie en knoffel daarin totdat die uie sag is.
2. Voeg maalvleis by, roer met ‘n vurk los en braai totdat dit nie meer pienk is nie.
3. Voeg tamaties, tamatiepasta, suiker, sout en rissiesous by, sit die deksel op en stowe ‘n halfuur oor lae hitte.
4. Kook intussen die spaghetti in soutwater tot sag volgens die aanwysings op die pak, dreineer en hou warm.
5. Roer helfte van die kaas by die maalvleismengsel net voor opdiening.
6. Meng met die spaghetti, skep in ‘n warm opdienskottel en strooi die res van die kaas en die pietersielie bo-oor.
7. Sit warm voor.
Resep: Joey Pienaar
Dié resep is oorspronklik in Knuppeldik aan koningskos gepubliseer
Uitgewer: Knuppeldik Trust
Om die resepteboek, Knuppeldik aan koningskos, te bestel, kontak Carien Liebenberg by 0833199636