“Jip, jy het reg gehoor. Hierdie pizza word so te sê totaal en al van spekvleis gemaak. Is dit nie absoluut wonderlik nie? Dit is vir my soos ʼn droom wat waar geword het,” skryf Armand Aucamp in sy resepteboek Armand kook kaal.
Lewer 2-4 porsies
Bestanddele
BASIS
- 500 g streepspekvleis
SOUS
- 1 blik (400 g) gekapte tamaties
- 1 e worcestersous
- 1 e balsamiese asyn
BOLAAG
- 1 k mozzarella, gerasper
- 1 groot tamatie, in skywe gesny
- 1 e droë oreganum
- vars basiliekruidblare
Metode
- Voorverhit die oond tot 200 °C.
- Plaas ’n laag foelie of ’n silikoonvel op ’n bakplaat en drup olyfolie daaroor.
- Vleg die stukkies spekvleis dig saam soos riempies.
- Plaas die spekvleis vir ongeveer 15-20 minute in die oond. Die spekvleis moet nou effe bros bak.
- Terwyl die spekvleisbasis bak, begin met die pizzasous.
- Verhit die tamaties in ’n klein pot. Voeg die worcestersous en balsamiese asyn by. Laat dit prut sodat dit met die helfte afkook. Roer voortdurend.
- Haal die spekvleis uit die oond en laat dit vir 5 minute afkoel. Begin nou die pizza saamstel.
- Begin deur ’n laag tamatiesous oor die basis te smeer. Strooi die mozzarella eweredig oor en plaas die vars tamatieskywe op die pizza. Strooi die droë oreganum oor.
- Plaas die pizza terug in die oond en bak vir nog 5-10 minute totdat die kaas begin verbruin.
- Breek vars stukke basiliekruidblare oor die pizza en geniet, wetende dat jy die lekkerste pizza in die wêreld eet!
Bron: Armand kook kaal deur Armand Aucamp
Uitgewer: Lapa
Dít klink vir my na ñ lekker pizza. ñ Paar snye avokado-peer by en ek eet heeldag.
Sorry, maar hierdie is nie ‘n pizza nie…
‘n Banter se droom pizza – gaan dit definitief prober!