Soorte resepte:

Resep: Spekvleispizza

Spekvleispizza (Foto: Lapa-uitgewers)

“Jip, jy het reg gehoor. Hierdie pizza word so te sê totaal en al van spekvleis gemaak. Is dit nie absoluut wonderlik nie? Dit is vir my soos ʼn droom wat waar geword het,” skryf Armand Aucamp in sy resepteboek Armand kook kaal.
Lewer 2-4 porsies

Bestanddele

BASIS

  • 500 g streepspekvleis

SOUS

  • 1 blik (400 g) gekapte tamaties
  • 1 e worcestersous
  • 1 e balsamiese asyn

BOLAAG

  • 1 k mozzarella, gerasper
  • 1 groot tamatie, in skywe gesny
  • 1 e droë oreganum
  • vars basiliekruidblare

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 200 °C.
  2. Plaas ’n laag foelie of ’n silikoonvel op ’n bakplaat en drup olyfolie daaroor.
  3. Vleg die stukkies spekvleis dig saam soos riempies.
  4. Plaas die spekvleis vir ongeveer 15-20 minute in die oond. Die spekvleis moet nou effe bros bak.
  5. Terwyl die spekvleisbasis bak, begin met die pizzasous.
  6. Verhit die tamaties in ’n klein pot. Voeg die worcestersous en balsamiese asyn by. Laat dit prut sodat dit met die helfte afkook. Roer voortdurend.
  7. Haal die spekvleis uit die oond en laat dit vir 5 minute afkoel. Begin nou die pizza saamstel.
  8. Begin deur ’n laag tamatiesous oor die basis te smeer. Strooi die mozzarella eweredig oor en plaas die vars tamatieskywe op die pizza. Strooi die droë oreganum oor.
  9. Plaas die pizza terug in die oond en bak vir nog 5-10 minute totdat die kaas begin verbruin.
  10. Breek vars stukke basiliekruidblare oor die pizza en geniet, wetende dat jy die lekkerste pizza in die wêreld eet!

Bron: Armand kook kaal deur Armand Aucamp

Uitgewer: Lapa

Net soos ʼn pannekoek met die beste resep nog steeds kan flop, kan Maroela nie pa (of ma!) staan vir enige van die resepte wat jy self by die huis probeer nie. Elke koppie meel, bakpoeier, melk, eier of enige ander bestanddeel is dus in jou eie hande en Maroela Media kan nie enige verantwoordelikheid aanvaar vir komplimente (of klagtes) oor jou kookvernuf nie. -Red

Deel van: Vleis en seekos

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Jacques die Goodwoodianer ·

Dít klink vir my na ñ lekker pizza. ñ Paar snye avokado-peer by en ek eet heeldag.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.