Soorte resepte:

Resep: Steak-en-sampioenpasta

Steak-en-sampioenpasta (Foto: Lapa-uitgewers)

Dié gereg proe of jy dit in ʼn restaurant bestel het!

Bestanddele:

  • 2 x 400 g-blikke sampioenroomsop
  • 250 ml room
  • 250 ml water
  • 90 ml brandewyn
  • 1 x 50 g-pakkie sampioensoppoeier
  • 10 ml kanola-olie
  • 1 ui, in skyfies gesny
  • 250 ml sampioene in skyfies gesny
  • 3 knoffelhuisies, fyngekap
  • 500 g saggemaakte biefstuk, in blokkies gesny
  • braaispeserye na smaak

Metode:

  1. Klits die sampioenroomsop, room, water, brandewyn en soppoeier saam tot goed gemeng. Giet dit in die prutpot se bak.
  2. Verhit die olie in ʼn swaarboompan en soteer die sampioene en ui tot deurskynend. Skep die gesoteerde mengsel met ʼn gaatjieslepel uit en hou eenkant.
  3. Geur die vleisblokkies met braaispeserye en braai dit in sarsies tot bruin. Skep die bruingebraaide vleisblokkies in die prutpot se bak.
  4. Skep die uie en sampioene oor die vleis en stel die prutpot op laag vir 5 tot 6 uur.
  5. Skep die biefstuk-en-sampioensous oor gaar pasta van jou keuse en bedien dadelik.

Bron: 50 Prutpot geregte

Uitgewer: Lapa-uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Tania Heyns ·

Dagsê Thea. Dankie vir jou navraag. Aangesien dié resep in ‘n prutkoker voorberei word, is dit sowaar die regte hoeveelheid tyd soos wat dit in die resepteboek staan. Groetnis

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.