Soorte resepte:

Resep: Suikermieliesop

(Foto: Pixabay)

Heerlik vir die winterkoue!

Lewer 6 porsies

Bestanddele

  • 1 ui, gekap
  • 25 ml botter
  • 15 ml koekmeel
  • 500 ml louwarm melk
  • 500 ml hoenderaftreksel
  • 1 x 420 g-blikkie suikermielies
  • 15 ml fyngekapte seldery
  • 250 ml room
  • sout en peper na smaak
  • 10 ml whisky (opsioneel)
  • 10 ml suiker

Metode

  1. Verhit die botter in ʼn kastrol en braai die ui liggies vir 5 minute.
  2. Voeg die koekmeel by en roer deur.
  3. Laat die mengsel liggies prut terwyl jy aanhoudend roer.
  4. Verwyder die kastrol van die hitte en roer die melk by die uiemengsel.
  5. Plaas die kastrol terug op die stoof en voeg die aftreksel, suikermielies en seldery by.
  6. Verhit die sop stadig tot kookpunt.
  7. Voeg die room by en roer deur.
  8. Geur met sout en peper.
  9. Voeg die whisky (opsioneel) en suiker by en roer deur.
  10. Dien saam met croutons op.

Bron: Kook saam Kaaps

Uitgewers: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.