Soorte resepte:

Resep: Tamatie-en-mascarponesop met vars koljander

Foto: Verskaf

Foto: Verskaf

Hierdie sop is so vinnig om te maak en smaak heerlik! Gebruik goeie gehalte Italiaanse geblikte tamaties vir die lekkerste resultaat. Bedien die sop met ʼn paar skaafsels parmesaankaas vir ʼn spesiale geleentheid, of net so vir ʼn ligte aandete saam met vars brood en botter!

Genoeg vir 6 mense

Bestanddele:

  • 30 ml  botter
  • 2 uie,  gekap
  • 2 blikke (410 g elk) Italiaanse styl- heel  tamaties, grofgekap
  • 2 middelslag-aartappels, gerasper
  • 750 ml hoenderaftreksel
  • 125 ml gekapte vars koljander
  • 2 knoffelhuisies, fyngedruk
  • sout en swartpeper
  • 125 g  mascarponekaas (jy kan meer bysit vir ekstra romerigheid)

 Metode:

  1. Verhit die botter in ’n kastrol en soteer die uie.
  2. Voeg die tamaties, gerasperde aartappels, hoenderaftreksel en die helfte van die koljander by. Prut vir 20 minute.
  3. Voeg die knoffel by en geur met sout en peper.
  4. Verwerk die sop met ’n elektriese stokmenger of in ’n voedselverwerker tot glad.
  5. Voeg die mascarponekaas en die res van die koljander by net voordat jy die sop voorsit. (Warm die sop op, maar moenie dat dit weer opkook nie!)

Bron: Bak vir pret en profyt deur Christine Capendale
NB Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.