Soorte resepte:

Resep: Tamatiebredie

Tamatiebredie (Foto: Lapa-uitgewers)

Lewer 8 porsies

Bestanddele

  • 30 ml kookolie
  • 1 kg skaapvleisporsies
  • 2 groot uie, gekap
  • 3 kaneelstokkies
  • 6 ryp tamaties, skil verwyder of 2 x 410-g-blikkies gekapte tamaties
  • 1 x 50 g sakkie tamatiepasta
  • 4 knoffelhuisies, gekap
  • 2 ml fyn kruienaeltjies
  • 2 lourierblare worcestersous
  • 5 aartappels, geskil en in kwarte gesny
  • 30 ml suiker
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Metode

  1. Verhit die olie in ʼn swaarboomkastrol en braai die vleis tot bruin. Skep die vleis met ʼn gaatjieslepel uit en hou eenkant.
  2. Braai die uie in dieselfde kastrol tot deurskynend. Voeg die kaneel by en braai liggies vir 1 minuut.
  3. Skep die vleis terug in die kastrol en smoor tot die vleis sag is.
  4. Voeg die tamaties, tamatiepasta, knoffel, kruienaeltjies, lourierblare en worcestersous en aartappels by en roer deur.
  5. Voeg ʼn bietjie water by, bedek die kastrol en prut tot die aartappels sag is.
  6. Roer die suiker deur sodat die suur van die tamaties gebreek word.
  7. Geur na smaak met sout en peper en sit met rys voor.

Bron: Kook saam Kaaps

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.