Soorte resepte:

Resep: Tamaties gevul met wilderys

Tamaties gevul met wilderys (Foto: Lapa-uitgewers)

Die dis kan met vleis óf vegetaries voorberei word.
Lewer 6 porsies

Bestanddele

  • 12 middelslag-tamaties
  • 30 ml sonneblomolie
  • 1 ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 250 g volstruismaalvleis
  • 5 ml borrie
  • 5 ml garam masala
  • 10 ml suiker
  • 5 ml gerasperde suurlemoenskil
  • 30 ml suurlemoensap
  • 60 ml sonneblomsaad, gerooster
  • 250 ml gaar bruinrys
  • 1,5 ml fyn kaneel
  • 30 ml gekapte Italiaanse pietersielie

 

Metode

  1. Sny die bokant van elke tamatie af en skep die saadjies uit. Gooi die saadjies weg.
  2. Verhit die olie in ’n pot en terwyl jy aanhoudend roer, soteer die ui en knoffel tot die ui sag is. Voeg die maalvleis by, roer deur en kook vir ongeveer 2 minute tot die maalvleis begin verbruin. Voeg die borrie, garam masala, suiker, suurlemoenskil en -sap by en kook vir 3 minute terwyl jy aanhoudend roer.
  3. Meng die gaar maalvleis, sonneblomsaad, rys, kaneel en pietersielie in ’n bak. Skep die mengsel in die tamaties en laat in die yskas rus tot benodig.
  4. Verhit die oond tot 160 °C voor bediening en rangskik die tamaties op ’n bakplaat. Bak die tamaties onbedek vir 10 minute of tot deurwarm. Sit dadelik saam met ’n groenslaai voor.

Wenk: Vir ʼn vegetariese opsie kan jy die maalvleis met 250 g gestoomde en fyngemaakte blomkool vervang.

Bron: Koskaskos deur Francois Ferreira

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Zanie ·

Klink heerlik. Maar hoekom die vleis gedeelte van die tamatie uithol en WEGGOOI? Gebruik dit eerder vir sous of plant die saadjies!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.