Soorte resepte:

[Resep] Thaise groenkerrie

Foto: Lekker en Vinnig

Thaise groenkerrie. Foto: Lekker en Vinnig

Beïndruk jou gesin met dié maklike resep vir die lekkerste groenkerrie.

Lewer 4 porsies

Bestanddele:

  • bietjie olie
  • 800 g beesvleisblokkies
  • knippie sout en varsgemaalde swartpeper
  • 45 ml koekmeel
  • 1 ui, gekap
  • 2,5 ml gekapte vars knoffel
  • knippie fyn gemmer
  • 4 grasuie, gekap
  • 1 rooi soetrissie, in blokkies gesny
  • 30 ml gekoopte Thaise groenkerriepasta
  • hand vol vars koljanderblare, fyngekap
  • 185 ml groenteaftreksel
  • 380 g (1 blik) ingedampte melk
  • 250 ml melk

Metode:

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Verhit die olie en braai die beesvleisblokkies bietjies-bietjies daarin tot goudbruin. Skep uit.
  3. Geur die beesvleisblokkies met sout en peper, besprinkel met die meel en roer tot bedek.
  4. Verhit nog olie in die kastrol indien nodig en soteer die ui, knoffel en gemmer daarin tot sag.
  5. Voeg die grasuie en soetrissie by en soteer nog 2 minute.
  6. Roer die kerriepasta, koljanderblare en aftreksel by en roer tot goed gemeng.
  7. Skep die beesvleisblokkies terug in die kastrol, plaas die deksel op en laat vir 1 uur oor ʼn lae hitte prut.
  8. Voeg die ingedampte melk en melk by. Verhit tot warm en die sous verdik het.
  9. Sit warm saam met rys voor.

Bron: Lekker en Vinnig 
Uitgewer: Lapa
Oorspronklik gepubliseer in Vinnig en maklik – resepte uit Vrouekeur 3, Marlo Carstens.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Katjie ·

Groenkerrie word met klappermelk gemaak en lyk glad nie soos die prentjie nie.

Fransie ·

Dan wil ek ook graag weet hoekom moet die oond aangesit word op 180? Daar word niks gese wanneer moet die gereg oond toe nie – als word op stadige hitte op die plaat gedoen ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.