Soorte resepte:

Resep: Thaise rooikerrie viskoekies

Thaise rooikerrie viskoekies (Foto: Lapa-uitgewers)

Dié viskoekies se doopsous het ʼn effense byt.
Lewer 40 klein viskoekies

Bestanddele

  • ± 500 g witvisfilette
  • 5 ml Thaise rooikerrie-pasta
  • 1 klein eier
  • 3 ml suiker
  • 2 ml sout
  • ± 30 ml fyngesnyde groenbone
  • 10 ml gekapte grasui
  • 5 ml gekapte pietersielie of koljanderblare
  • sonneblom- of olyfolie vir braai

DOOPSOUS

  • 60 ml suiker
  • 30 ml witasyn (wit balsamiese of rysasyn)
  • 5 ml Thaise vissous
  • ½ klein rooi rissie, gekap of 1 ml rissiepasta
  • 125 ml water
  • 15 ml fyngekapte wortel
  • 15 ml ontpitte, fyngekapte komkommer
  • 10 ml fyngekapte geroosterde grondboontjies of kasjoeneute

Metode

  1. Verwerk die vis, kerriepasta, eier, suiker en sout in ’n voedselverwerker tot glad.
  2. Plaas die boontjies, grasuie en pietersielie of koljander in ’n mengbak en voeg die vismengsel by. Meng goed en vorm okkerneutgrootte balletjies. Druk die balletjies effens plat om netjiese viskoekies te verseker.
  3. Bedek die bodem van ’n braaipan (verkieslik kleefwerend) met ’n dun lagie olie en verhit dit tot matig warm.
  4. Braai die viskoekies in sarsies tot ferm en goudbruin aan albei kante. Dreineer dit op absorberende papier en sit warm of by kamertemperatuur voor. Verkoel dit indien verkies.

DOOPSOUS

  1. Verhit die suiker, asyn, vissous, rissie en water sowat 5 minute lank in ’n klein kastrol en laat afkoel. Roer die wortel, komkommer en neute by en sit dit voor saam met die viskoekies.

Wenk: Die viskoekies kan vooraf gemaak en rou bevries word. Laat dit effens ontdooi en maak dit gaar soos beskryf. Die doopsous is opsioneel maar heerlik.

Bron: Lekker & Vinnig: Kerries

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.