Bestanddele:
20 g (25 ml) botter of margarien
200 – 250 g sampioene, gehalveer
knippie droë tiemie
sout en peper na smaak
‘n bietjie suurlemoensap
4 tjops
50 ml sonneblomolie
4 skyfies soetmelkkaas
paprika
Metode:
1. Smelt die botter of margarien en braai die sampioene sowat 5 minute lank daarin. Geur met die tiemie, sout, peper en suurlemoensap. Hou warm.
2. Geur die tjops met peper en braai dit 5 – 6 minute lank aan elke kant in die olie tot mooi bruin. Geur liggies met sout.
3. Plaas die tjops op ‘n oondvaste opdienbak, skep ‘n kwart van die sampioene op elk en plaas ‘n skyfie kaas bo-op.
4. Rooster in die oond tot die kaas gesmelt het.
5. Strooi paprika oor en sit dit dadelik voor.
Hierdie resep is oorspronklik gepubliseer in Huisgenoot Wenresepte 1
Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R285-00*
*Prys onderhewig aan verandering
Dis mos nou nie ‘n regte ‘braai’ resep nie. As jy wil braai doen dit reg. Hout, kole, oopvuur….gaan lekker braai #braaidag!
Leeeekkker!
Ek soek al lankal lekker nuwe resepte want mense hou van my kos en beskou my as ‘n goeie kok. En so wrintie hier kom ek op julle af!! Baie dankie
Dagsê Fanus
Dankie vir jou boodskap! Ons hoop jy bak en brou sommer nog baie lekker!
Groetnis
Suné
nms Maroela Media