Soorte resepte:

Resep: Tong met mosterdsous

Foto: Lekker en Vinnig

Tong met mosterdsous. (Foto: Lekker en Vinnig/Lapa Uitgewers)

Nie almal is ewe gaande oor die idee van beestong nie, maar as jy dit op die regte manier gaarmaak sal jou gaste hulle vingers aflek.

Lewer 4-6 porsies

Bestanddele:

  • 45 ml botter
  • 45 ml koekmeel
  • 300 ml beesvleisaftreksel
  • 15 ml aangemaakte mosterd
  • 125 ml brandewyn
  • 100 g rosyne, oornag geweek in die brandewyn
  • 125 ml room, tot sagte punte geklits
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 1 gaar beestong, in skywe gesny

Metode:

  1. Smelt die botter oor lae hitte in ʼn kastrol en roer die meel by. Roer die aftreksel geleidelik by sodat geen klonte vorm nie en laat prut die sous vir ʼn paar minute.
  2. Roer die mosterd, brandewyn en rosyne by. Vou die room versigtig in en geur na smaak.
  3. Rangskik die warm tong in lae in ʼn oondbak en giet die sous oor, of sit die sous apart voor. Die gereg kan met foelie bedek en teen ʼn lae hitte in die oond warm gemaak word.

Bron: Lekker en Vinnig – Tradisionele kos
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Marius ·

Lekkerrr… En daar is nog genoeg brandewyn oor vir een of twee sopies…

JohanR ·

Beestong op warm brood met botter gesmeer, met kaas, avo en mosterd. What’s not to like?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.