Soorte resepte:

[Resep] Tuna-wieletjies

Foto: Lekker en Vinnig

Tuna-wieletjies. Foto: Lekker en Vinnig

Lewer ± 48 wieletjies

Bestanddele:

Deeg

  • 500 ml koekmeel
  • 10 ml bakpoeier
  • knippie sout
  • 15 ml strooisuiker
  • 187 ml fyngerasperde Cheddarkaas
  • 125 ml melk
  • 90 ml olie

Vulsel

  • bietjie olie
  • 1 ui, fyngekap
  • 2,5 ml gekapte vars knoffel
  • 2,5 ml droë gemengde kruie
  • 1 x 185 g-blik tuna in water, gedreineer
  • 3 hardgekookte eiers, fyngekap
  • 45 ml pikantrissieblatjang
  • 2 grasuie, gekap
  • knippie rooipeper

Metode:

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C en voer ’n bakplaat met bakpapier.
  2. Deeg: Sif die meel, bakpoeier en sout in groot mengbak. Roer die strooisuiker by.
  3. Roer die kaas by en meng goed.
  4. Meng die melk en olie en roer by meelmengsel tot ’n deeg vorm.
  5. Rol die deeg op ’n meelbestrooide oppervlak tot ongeveer 14 cm x 30 cm uit. Sny die deeg op die lang kant in die helfte deur sodat jy twee langwerpige deegstroke het.
  6. Vulsel: Verhit ’n bietjie olie en soteer die ui, knoffel en kruie daarin tot sag.
  7. Verwyder van die hitte en roer die oorblywende bestanddele by.
  8. Smeer die vulsel oor die deeg maar los 3 cm van die deegrande oop.
  9. Rol die deeg soos ’n rolkoek op. Begin by die lang sykant en sny in skyfies van 1,5 cm.
  10. Plaas die skyfies op die voorbereide bakplaat en bak vir 15 minute of tot goudbruin.

Bron: Lekker en Vinnig
Uitgewer: Lapa
Resep oorspronklik gepubliseer in 50 Beste gebak uit Vrouekeur deur Marlo Carstens.

Net soos ʼn pannekoek met die beste resep nog steeds kan flop, kan Maroela nie pa (of ma!) staan vir enige van die resepte wat jy self by die huis probeer nie. Elke koppie meel, bakpoeier, melk, eier of enige ander bestanddeel is dus in jou eie hande en Maroela Media kan nie enige verantwoordelikheid aanvaar vir komplimente (of klagtes) oor jou kookvernuf nie. -Red

Deel van: Bykosse, Vleis en seekos

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae