Maak dié resep as ʼn voorgereg, bykos, of sommer as ʼn ligte maaltyd!
Bestanddele
- 6 groot sampioene
- ½ ui, gekap
- 4 jongtamaties, in kwarte gesny
- ½ blikkie tuna
- 2 e mayonnaise
- sout en peper
- wit cheddarkaas
Metode
- Krap die binnekant van die sampioene uit. Gooi die stukkies wat jy uitkrap in ʼn bakkie.
- Voeg die ui, tamatie, tuna en mayonnaise by die stukkies sampioen in die bakkie.
- Geur met sout en peper en meng alles saam.
- Skep die uitgeholde sampioen vol van die tunamengsel en sprinkel kaas bo-oor.
- Bak vir 15-20 minute by 200 °C.
Kyk in die video hoeveel van elke bestanddeel Lochner byvoeg, en pas dit gerus aan volgens jou persoonlike behoeftes.
Hierdie video is deel van ʼn reeks kosvideo’s wat Maroela Media saam met Lochner de Kock, bekende Suid-Afrikaanse koskenner, vervaardig. Die video’s word weekliks op Maroela Media gepubliseer. Kyk na al die Hap saam met Lochner-video’s op Maroela Media. – Red
Kyk hier hoe Lochner hierdie resep voorberei:
Sommer lekker low carb ook.
Dankie Lochner ek het gisteraand die gereg gemaak maar my Tuna met bacon vervang.
Dit was heerlik en baie vullend.