Soorte resepte:

Resep: Tunasampioene

Lochner de Kock (Foto: Skermgreep uit die video)

Maak dié resep as ʼn voorgereg, bykos, of sommer as ʼn ligte maaltyd!

Bestanddele

  • 6 groot sampioene
  • ½ ui, gekap
  • 4 jongtamaties, in kwarte gesny
  • ½ blikkie tuna
  • 2 e mayonnaise
  • sout en peper
  • wit cheddarkaas

Metode

  1. Krap die binnekant van die sampioene uit. Gooi die stukkies wat jy uitkrap in ʼn bakkie.
  2. Voeg die ui, tamatie, tuna en mayonnaise by die stukkies sampioen in die bakkie.
  3. Geur met sout en peper en meng alles saam.
  4. Skep die uitgeholde sampioen vol van die tunamengsel en sprinkel kaas bo-oor.
  5. Bak vir 15-20 minute by 200 °C.

 

Kyk in die video hoeveel van elke bestanddeel Lochner byvoeg, en pas dit gerus aan volgens jou persoonlike behoeftes.

Hierdie video is deel van ʼn reeks kosvideo’s wat Maroela Media saam met Lochner de Kock, bekende Suid-Afrikaanse koskenner, vervaardig. Die video’s word weekliks op Maroela Media gepubliseer. Kyk na al die Hap saam met Lochner-video’s op Maroela Media. – Red

Kyk hier hoe Lochner hierdie resep voorberei:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Marietjie ·

Dankie Lochner ek het gisteraand die gereg gemaak maar my Tuna met bacon vervang.
Dit was heerlik en baie vullend.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.