Soorte resepte:

Resep: Tunastrudel

Tunastrudel (Foto: Lapa-uitgewers)

ʼn Heerlike southappie met bros fillodeeg sorg vir ʼn wonderlike eet-ervaring.

Maak 4 porsies

Bestanddele:

  • bietjie olie
  • 2 uie, gekap
  • 6 hardgekookte eiers, grofgekap
  • 510 g (3 x 170 g-blikkies) tuna in water, gedreineer
  • 45 ml (3 e) calamata-olywe, ontpit en gekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 300 g (1 pak of 1 bos) spinasie, ontstingel
  • 500 g (1 pak) fillodeeg
  • 125 g (¼ blok) botter, gesmelt
  • 250 ml (1 k) droë broodkrummels
  • 125 ml (½ k) mayonnaise
  • sesamsaad vir garnering

Metode:

  1. Stel oond op 180 °C.
  2. Verhit olie en soteer uie daarin tot sag. Voeg eiers, tuna en olywe by en geur na smaak met sout en peper.
  3. Blansjeer spinasieblare en dreineer.
  4. Plaas twee fillodeegvelle langs mekaar en smeer met gesmelte botter.
  5. Sprinkel broodkrummels bo-oor en plaas nog twee fillodeegvelle bo-op.
  6. Verf weer met gesmelte botter. Sprinkel broodkrummels bo-oor en plaas nog twee fillodeegvelle bo-op. Verf weer met gesmelte botter.
  7. Verdeel elke fillodeegvel vertikaal in twee dele. Smeer fillodeeg met mayonnaise, maar nie tot op kante nie.
  8. Plaas spinasie bo-op, maar nie tot op kante nie.
  9. Skep tunamengsel wat in vier dele verdeel is, op kant van elke fillodeegblok.
  10. Smeer rande van fillodeeg met botter, rol op en druk kante toe.
  11. Verf orige gesmelte botter bo-oor strudels en sprinkel sesamsaad bo-oor.
  12. Plaas strudels op bakplaat en bak vir 17 minute of tot goudbruin.

WENK

Stop by stap 9 as jy die strudels wil vries. Draai strudels apart in kleefplastiek toe. Hou in lugdigte houer in vrieskas, maar nie langer as drie maande nie. Om te ontdooi, haal strudels vorige aand uit vrieskas en plaas oornag in yskas. Maak gaar soos verduidelik.

Bron: Vinnig en maklik: resepte uit Vrouekeur 3

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

ek sê maar ·

Stap no 11. “…verf ORIGE gesmelte botter bo-oor..” nie “vorige”. ; )

Tania Heyns ·

Dagsê ek sê maar

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig. Die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Tania
nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.