Soorte resepte:

[Resep] Tunatert

Foto: g01.s.alicdn.com

Foto: g01.s.alicdn.com

ʼn Maroela Media-leser, Helene Burger, deel een van haar gunstelingresepte. “Ek het dit baie lank vir die VCSV Strandfontein aan die Weskus gemaak. Dis vullend, smaaklik en maklik. Ek het dié resep met die jare al so ʼn bietjie verander,” sê Helene.

Hierdie resep is in groot maat vir ʼn gesin van 6-8.

Bestanddele:

  • 4 blikkies tuna in water of olie
  • 2 k mayonnaise
  • 2 pakke bacon kips (druk fyn en plaas onder in bak)
  • 6 hardgekookte eiers (fyngedruk)
  • 2 klein uie (fyngekap)
  • 2 k cheddarkaas (fyngerasper)
  • 2 pakkies suurlemoenjellie (opgelos in 3 k kookwater)
  • 2 e gelatien (opgelos in ʼn bietjie koue water)

Metode:

  1. Meng alles saam en gooi bo-oor bacon kips-basis.
  2. Verkoel in yskas tot lekker gestol.
  3. Sny in blokke en sit voor met lekker vars brood en ʼn mengelslaai.
  4. Hou in yskas voor gebruik vir ten minste 6 ure.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Hendrik ·

Hoe moet dit verkoel, daar is ‘n verlore deel hier, hoe lank moet jy dit bak

Helene Burger ·

More Hendrik, niks fout met resep nie! En nee, dit word nie gebak nie!

Helene Burger ·

Hendrik die foto is misleidend. Ek het nie die foto geplaas nie . Iewers het n foutjie ingesluip by Maroela maar jy kan maar gerus die reseppie probeer- jy sal baie verras wees. Geniet jou dag en laat weet hoe dit gesmaak het, Groetnis

charmaine ·

Hoe kan jellie ‘n so te se souttert lekker maak? Die mense se vir my dis ‘n gemors-spul,en ek is nie bereid om my kos of geld te mors om uit te vind of dit nou die waarheid is of nie.

Helene Burger ·

More Charmaine, hierdie resep is baie lekker. Dit word nie gebak nie maar in die yskas verkoel.
Probeer dit gerus jy sal verras wees. Lekker dag

Helene Burger ·

Liewe lesers, die foto van n Tuna tert is misleidend. Ek het geen foto ingestuur nie, En asb dit word nie gebak nie. Groete van huis tot huis.

ASG ·

Het die gisteraand gemaak – een om die resepteboek te plak!

Adéle Changuion ·

Dagsê!

Maroela Media het vanoggend met Helene gesels en sy meen hierdie resep is beslis ʼn wenner! Hou die tert in die yskas vir ten minste 6 ure voor jy dit bedien – hoe langer hy in die yskas sit, hoe beter. Helene het ongelukkig nie ʼn foto gestuur nie, so ons het sommer een ter illustrasie gebruik. Ons het die foto verander en hoop dit klaar die verwarring op. Dankie vir die terugvoer!

Groetnis
Adéle
nms Maroela Media

E.K. (vra net) ·

Helene – die jellie se gebruik is vir my ook taamlik grillerig – soos daai aaklige gestolde slaaie wat so gewild was op ‘n kol. Enige voorstelle van ‘n plaasvervanger?

helene ·

E.K. Dit klink seker maar grillerig maar dit smaak nie grillerig nie en lyk ook nie so nie. Maak dit op n Saterdagoggend vir n laat ete na n lekker swem en sien hoe eet jou gaste. Voorspoed.

Lara Opperman ·

Ek het d resep halveer. Dit het fantasties uitgekom en ek gaan dit beslis weer maak.

Esta ·

Ek het hierdie resep probeer (ek het ook halveer). Ek was aanvanklik skrikkerig vir die suurlemoenjellie, en toe ek na so 4 ure verkoeling ‘n happie steel, was die smaak nogal skerp! Maar… die volgende dag smaak hy toe heerlik. So, ek sal die resep weer maak! Party geregte smaak die volgende dag lekkerder.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.