Soorte resepte:

[Resep] Varkvleisfrikkadelle

Varkfrikadelle

Varkvleisfrikkadelle. Foto: Sakpasgeregte

ʼn Sakpas-resep vir wanneer die maand ʼn bietjie te lank raak.

(Uit: Vrouekeur 3 deur Marlo Carstens)

Lewer 4 porsies

Bestanddele:

Frikkadelle

  • 800 g varkmaalvleis
  • 1 ui, fyngekap
  • 187 ml vars broodkrummels
  • 1 ekstragroot eier
  • 5 ml droë pietersielie
  • 5 ml Worcestershiresous
  • 2,5 ml knoffelsout
  • knippie fyn koljander
  • 7,5 ml sout
  • 2,5 ml varsgemaalde swartpeper

Kool

  • bietjie olie
  • 1 ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, gekneus
  • 1 klein kop kool, fyngekap
  • 1 wortel, grofgerasper
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Metode:

  1. 1. Voorverhit die oond tot 180 ˚C. Spuit ’n oondpan met kleefwerende kossproei.
  2. Frikkadelle: Meng die bestanddele vir die frikkadelle goed en vorm in kleinerige balletjies.
  3. Rangskik die frikkadelle in die voorbereide oondpan en bak vir 30 minute. Draai die
  4. frikkadelle gereeld om sodat dit egalig verbruin.
  5. Kool: Verhit die olie en braai die ui en knoffel daarin tot sag. Voeg kool en wortel by en
  6. roerbraai vir 5 minute. Geur met sout en peper na smaak.
  7. Sit frikkadelle bo-op kool voor.

Bron: Sakpasgeregte
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.