Soorte resepte:

Resep-video: Lasagne-bakkies

Lasagne-bakkies (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Gerieflike lasagne wat jy sommer met die hand kan eet!

Lewer 12 lasagne-bakkies

Bestanddele

  • ½ ui, fyngekap
  • 300 g maalvleis
  • speserye volgens keuse
  • 1 blikkie tamatiepuree
  • 6 lasagne-velle
  • warm water
  • 1 pakkie (40 g) witsous, aangemaak
  • 100 g kaas, gerasper
  • pastaspeserye

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °
  2. Braai die uie en maalvleis saam en geur volgens smaak. Gooi ʼn blikkie tamatiepuree by en laat vir 2 minute prut.
  3. Maak lasagne-velle sag deur dit in warm water te plaas. Wanneer die lasagne-velle sag is, haal hulle uit die water en sny elkeen in die helfte.
  4. Spuit ʼn muffinpan met kossproei en druk die halwe lasagne-velle daarin sodat dit ʼn bakkie vorm.
  5. Skep nou maalvleis in die bakkies. Skep ook witsous daaroor en sprinkel kaas oor. Geur met jou gunsteling-pastaspeserye.
  6. Bak vir 15 minute by 180 °C en geniet warm.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.