Soorte resepte:

Resep-video: Pannekoek-lasagne

Pannekoek-lasagne (Foto: Maroela Media/Janie Monsieur)

Het jy geweet jy kan lasagne met pannekoek maak? Kyk hier hoe!

Bestanddele

PANNEKOEK

  • 500 ml (280 g) koekmeel
  • 2 ml sout
  • 2 ekstragroot eiers
  • 500 ml water
  • 5 ml vars suurlemoensap
  • kookolie vir braai

LASAGNE

  • witsous
  • maalvleis
  • kaas
  • speserye na smaak

Metode

PANNEKOEK

  1. Sif meel en sout saam.
  2. Klits eiers, water en suurlemoensap saam. Voeg by droë bestanddele en klits tot beslag glad en klontvry is. Laat minstens 1 uur staan voor gebruik. As die beslag te dik is, voeg nog water by.
  3. Smeer ʼn groot swaarboomkastrol liggies met olie en verhit. Giet genoeg beslag in pan om boom te bedek en braai tot onderkant liggies verbruin. Keer om en braai ander kant.

LASAGNE

  1. Berei maalvleis gaar volgens smaak.
  2. Skep maalvleis in die pannekoek en rol die pannekoek op. Maak jou oondbak vol maalvleis-pannekoeke.
  3. Gooi witsous oor tot alles bedek. Gooi nou kaas oor en sprinkel met speserye van keuse.
  4. Bak vir 20 minute teen 180 °C.

Wenk: Gooi ‘n ekstra knippie sout of sommer speserye by die pannekoekbelag om dit meer van ‘n soutsmaak te gee.

Resep: Janie Monsieur

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Zettie ·

Ek is bly vir hiérdie resep!!!! Ek het verskeie kere probeer om lasagne te maak, maar myne flop ALTYD. Soveel so dat ek myself belowe het om dit nooit weer te maak nie en kyk nou hoe maklik lyk hierdie een! Baie dankie.

Rina ·

Ek sekondeer jou! Lasagne velle was óf nog rou óf te pap en klewerig wanneer ek dit eers gaargemaak het!

E. M ·

Laat die klaar gepakte bak lasagne eers 15 minute staan voor dit oond toe gaan en laat dit dan weer ‘n half uur staan nadat dit uit die oond gekom het. Jy sal verbaas wees oor die wonderlike resultaat.

Tania Heyns ·

Dagsê Ber

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die tegniese fout, die video behoort nou te speel.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

Adri ·

Ek wil graag die resep merk en druk (copy & paste), maar ek kan nie op die blad nie. Moet ek dit nou regtig oorskryf? Nee wat, sal maar probeer onthou en self die resep skryf.

Nic ·

As ‘n mens rerig tegnies wil raak, is hierdie gereg se naam eintlik canneloni, nie lasagna nie. en jy kan dit met ‘n bolognaise sous ook maak, net so lekker!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.