Soorte resepte:

Resep-video: Pizza-op-‘n-stokkie

Pizza-op-’n-stokkie (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Maklik en vinnig en jou kinders sal mal wees daaroor!

Lewer 4 stokkies

  • 150 g winkeldeeg
  • 12 velletjies salami
  • ¼ k olyfolie
  • ½ t knoffelpoeier
  • ½ t Italiaanse kruie
  • kaas, gerasper
  • sout na smaak

Metode

  1. Rol die deeg uit en sny dit in vier lang repe.
  2. Vou die salamivelletjies in vier en ryg dit op ʼn sosatiestokkie. Week jou sosatiestokkies vooraf in water vir sowat 30 min om te voorkom dat dit nie brand in die oond nie.
  3. Vou die deegrepies in die helfte sodat dit steeds so lank is soos dit was, maar ʼn bietjie dikker. Ryg en vou dit nou om die sosatiestokkie en salami. Plaas die stokkies op ʼn bakplaat.
  4. In ʼn aparte koppie, meng die olie, knoffelpoeier en Italiaanse kruie saam en smeer dit oor die stokkies.
  5. Sprinkel kaas oor. Geur met sout na smaak en bak vir 10 minute teen 200 °

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.