Soorte resepte:

Resep-video: Platgestrykte kiepiekoekies

Platgestrykte kiepiekoekies (Foto: Maroela Media/Janie Monsieur)

Hoender, mayonnaise en kaas – maar dié keer is dit nie op ʼn broodjie nie, eerder in ʼn plaatkoekie.

Lewer 6 koekies

Bestanddele

  • ¼ k meel
  • 1 eier
  • 3 e mayonnaise
  • 1 k mozzarella-kaas
  • ⅓ k groen soetrissie, fyngekap
  • sout en peper
  • 2 hoenderborsies
  • olyfolie vir braai

Metode

  1. Meng meel, eier, mayonnaise, kaas en groen soetrissie saam in ʼn mengbak. Geur met sout en peper.
  2. Sny die hoenderborsies in repies en dan in blokkies en meng dit ook by.
  3. Skep eetlepels vol van die mengsel in ʼn warm pan met olyfolie in. Braai vir ongeveer 5 minute teen medium hitte, of tot die hoender gaar en die buitekant bruin raak.
  4. Dien warm of koud op en berg in die yskas.

Resep: Janie Monsieur

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Nettie ·

Ek HAAT mayonnaise – is daar iets anders waarmee mens die mayonnaise kan vervang? Dalk ‘n geklitste eier of gladde roomkaas?

Peet J ·

Dit lyk asof die koekies baie lekker kan wees maar wat het hoender en kiepie nou eintlik in gemeen. Ek kan nie die kloutjie by die oor bring nie.

Annatjie ·

Nettie ek sal ook die mayonnaise met gladde roomkaas vervang

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.