Soorte resepte:

Resep: Vinnige boontjie en-worsiegereg

Vinnige boontjie en-worsiegereg (Foto: Lapa-uitgewers)

Die gereg maak jy uit bestanddele wat reeds in jou koskas is.
Lewer 4 porsies

Bestanddele

  • 500 g (1 pakkie) Russiese worsies, in skyfies gesny
  • bietjie olie
  • 2 uie, gekap
  • 1 selderystingel, gekap
  • 820 (2 blikkies) heel tamaties in sap, gekap
  • 375 ml hoenderaftreksel
  • 5 ml droë gemengde kruie
  • Sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 410 g (1 blikkie) rooi nierbone, gedreineer
  • 30 ml gekapte vars pietersielie

Metode

  1. Braai die worsies in ’n klein bietjie olie tot goudbruin.
  2. Voeg die uie en seldery by en soteer tot sag.
  3. Voeg die tamaties, aftreksel en kruie by en geur met sout en peper.
  4. Laat die gereg vir 20-30 minute oor ’n matige hitte prut tot die sous begin verdik en meer as die helfte ingedamp het.
  5. Voeg die bone en pietersielie by en laat vir nog 10 minute oor ’n lae hitte prut. lndien dit te loperig is, kan koekmeel met bietjie water tot ’n pasta aangemaak en bygevoeg word. Laat weer bietjie prut en verdik.
  6. Sit warm saam met vars brood of rys voor.

Bron: Vinnig en maklik: Resepte uit Vrouekeur 1 deur Marlo Carstens

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.