Begin dié week met hierdie maklike gebakte visgereg!
Lewer 6 porsies
Bestanddele
- 800 g (2 x 400 g-pakke) stokvisfilette, sonder grate en vel
- sout en varsgemaalde swartpeper
- bietjie olie
- 1 ui, gekap
- 250 g (1 pakkie) sampioene, in skyfies gesny
- knippie droë gemengde kruie
- 500 ml (2 k) natuurlike jogurt
- 250 ml (1 k) vars room
- 60 g (1 pakkie) sampioensoppoeier
- 250 g (1 k) gerasperde cheddar
Metode
- Stel oond op 180 °C.
- Plaas vis in oondbak.
- Sprinkel sout en peper na smaak oor.
- Verhit olie en soteer ui, sampioene en kruie daarin tot gaar.
- Skep sampioenmengsel op vis.
- Meng jogurt, room en soppoeier en gooi oor vis.
- Sprinkel kaas oor en bak vir 35 minute.
Bron: Vinnig en maklik: Respete uit Vrouekeur 3
Uitgewer: Lapa
By die bestanddele moet Sampioene ook gelys wees.
Dagsê Sampioene
Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig. Die resep is reeds gewysig.
Groetnis
Tania
nms Maroela Media
Hierdie is ‘n duur resep!!!
Daar is darem nie polonie in nie!
Barend, duur???? Jy speel. Maroela, dankie hievoor. Maak vanaand verseker al die pad hier in Los Angeles.
Bak vir 35 minute, maar teen hoeveel grade? Is die oond voorverhit?
Myne gebak in oond 350F. Dan by jou 177C.
Dagsê Janneman,
Dankie vir jou kommentaar. Jammer vir die oorsig, die resep is reeds gewysig. Dit moet teen 180 °C bak.
Groetnis
Janie nms. Maroela Media