Soorte resepte:

Resep: Vinnige vis-en-jogurt-gereg

Vis-en-jogurt-gereg (Foto: Lapa-uitgewers)

Begin dié week met hierdie maklike gebakte visgereg!

Lewer 6 porsies

Bestanddele

  • 800 g (2 x 400 g-pakke) stokvisfilette, sonder grate en vel
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • bietjie olie
  • 1 ui, gekap
  • 250 g (1 pakkie) sampioene, in skyfies gesny
  • knippie droë gemengde kruie
  • 500 ml (2 k) natuurlike jogurt
  • 250 ml (1 k) vars room
  • 60 g (1 pakkie) sampioensoppoeier
  • 250 g (1 k) gerasperde cheddar

Metode

  1. Stel oond op 180 °C.
  2. Plaas vis in oondbak.
  3. Sprinkel sout en peper na smaak oor.
  4. Verhit olie en soteer ui, sampioene en kruie daarin tot gaar.
  5. Skep sampioenmengsel op vis.
  6. Meng jogurt, room en soppoeier en gooi oor vis.
  7. Sprinkel kaas oor en bak vir 35 minute.

Bron: Vinnig en maklik: Respete uit Vrouekeur 3

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Tania Heyns ·

Dagsê Sampioene

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig. Die resep is reeds gewysig.

Groetnis
Tania
nms Maroela Media

Yankee ·

Barend, duur???? Jy speel. Maroela, dankie hievoor. Maak vanaand verseker al die pad hier in Los Angeles.

Janneman ·

Bak vir 35 minute, maar teen hoeveel grade? Is die oond voorverhit?

Janie Monsieur ·

Dagsê Janneman,
Dankie vir jou kommentaar. Jammer vir die oorsig, die resep is reeds gewysig. Dit moet teen 180 °C bak.

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.