Soorte resepte:

[Resep] Visbobotie

Vis-bobotie

Visbobotie. Foto: Tradisionele kos

ʼn Lekker variasie op die gewone bobotie.

(Uit: Spys en drank, Renata Coetzee)

Lewer 4-6 porsies

Bestanddele:

  • 25 ml botter of olie
  • 1 groot ui, gekap
  • 1 dik sny brood
  • 250 ml melk
  • 1 kg gevlokte, gaar stokvis
  • 12,5 ml appelkooskonfyt
  • 50 ml suurlemoensap
  • 75 g ontpitte rosyne
  • 10 droë appelkose
  • 30 ml kerriepoeier
  • 12 amandels in kwarte gesny
  • 5 ml sout
  • 2 ml peper
  • 6 suurlemoen- of lourierblare
  • 2 eiers

Metode:

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Verhit die botter of olie in ʼn pan en soteer die ui.
  3. Week die brood in die helfte van die melk.
  4. Meng al die bestanddele behalwe die eiers, die res van die melk en die suurlemoenblare.
  5. Skep in ʼn oondskottel en druk die suurlemoenblare in.
  6. Klits die orige melk en eiers saam en giet oor die vis.
  7. 7. Bak vir ± 45 minute in die oond.
  8. Sit voor met rys, blatjang, gerasperde klapper en gekapte neute.

Bron: Lekker en Vinnig – Tradisionele kos
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.