Soorte resepte:

Resep: Vrugtekerrie

Vrugtekerrie (Foto: Lapa-uitgewers)

Perskes en kerrie vul mekaar perfek aan!

Lewer 6 porsies

Bestanddele

  • kookolie
  • 1 ui, gekap
  • 6 boudtjops
  • 1 steranys
  • 3 kaneelstokkies
  • 5 wonderpeperkorrels
  • 5 ml borrie
  • 20 ml kerrie
  • 2 groen papajas, geskil
  • 2 groen veselperskes, met skil

Metode

  1. Verhit die olie in ’n kastrol en braai die ui en tjops tot amper gaar.
  2. Kap die steranys en kaneelstokkies fyn. Voeg dit by die tjops.
  3. Roer die wonderpeper, borrie en kerrie by die tjops.
  4. Sny die papajas en veselperskes in klein blokkies. Hou eenkant.
  5. Laat die kerrie vir ongeveer 1 uur stadig prut met die deksel op.
  6. Voeg die vrugte by die kerrie 15 minute voor die kooktyd verby is.
  7. Bedien saam met gewone rys of skroei-rys wat gemaak word deur gaar rys saam met droë klapper in ’n pan te rooster.

Bron: Kook saam Kaaps

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.