Soorte resepte:

Resep: Vrugtige bobotie

Vrugtige bobotie (Foto: Lapa-uitgewers)

Tradisionele kos is altyd die beste.

Lewer 8 porsies

Bestanddele

  • 125 ml (½ k) rosyntjies
  • 187 ml (¾ k) appelringe, fyn gekap
  • 125 ml (½ k) droë appelkose, fyn gekap
  • genoeg kookwater
  • 500 ml (2 k) Clover-volroommelk
  • 2 snye witbrood, sonder korsies
  • 45 ml (3 e) Clover Mooi River-botter
  • 1 ui, gekap
  • 800 g beesmaalvleis
  • 30 ml (2 e) blatjang
  • 15 ml (1 e) asyn
  • 1 0 ml (2 t) matige kerriepoeier
  • knippie paprika
  • 10 ml (2 t) borrie
  • 10 ml (2 t) sout
  • ekstra Clover Mooi River-botter om mee te smeer
  • 3 eiers
  • 2 lourierblare

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C
  2. Plaas die rosyntjies, appel en appelkose in ’n glasbak en giet kookwater bo-oor tot heeltemal bedek. Laat staan solank om uit te swel terwyl die vleis berei word.
  3. Week die brood in 250 ml (1 k) van die melk. Hou die oorblywende 250 ml (1 k) melk eenkant.
  4. Smelt die botter en braai die ui in die botter tot sag
  5. Roer die maalvleis by. Braai tot net gaar. Roer met ’n vurk tot die maalvleis los van mekaar is. Die vleis hoef nie heeltemal gaar te wees nie.
  6. Meng die oorblywende bestanddele by die maalvleismengsel, behalwe die oorblywende
  7. melk, eiers en lourierblare.
  8. Druk die melk uit die geweekte brood. Roer die brood by die maalvleismengsel tot goed gemeng.
  9. Dreineer die droëvrugte en roer dit by die maalvleismengsel. Laat prut vir nog 3 minute oor matige hitte.
  10. Skep die maaivleismengsel in ’n oondbak met ’n grootte van ongeveer 30 x 20 cm wat met botter gesmeer is.
  11. Klits die oorblywende melk en eiers tot goed gemeng en giet dit bo-oor die maalvleis-mengsel.
  12. Plaas die lourierblare bo-op en bak vir 50 minute of tot gestol in die middel.
  13. Sit die bobotie warm voor saam met geelrys.

Bron: Onthoukos

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Joon ·

Ek stem dit lyk heerlik. Gaan dit definitief afskryf en maak. Dankie

IZAAN ·

MM, Metode, punt no. 3. Hou die oorblywende 250ml (7k) melk eenkant. Ek neem aan dit moet 1k melk wees?
Dankie vir resep. Gaan die lekkerte maak!

Anja van der Merwe ·

Dagsê IZAAN

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig. Dit is inderdaad 1k melk. Die berig is reeds gewysig.

Lekker bak!

Groetnis
Anja
nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.