Soorte resepte:

Resep: Wors-en-appelpastei

Wors-en-appelpastei (Foto: Lapa-uitgewers)

Verdryf die winterkoue met dié smullekker pastei.

Lewer 4 porsies

VULSEL

  • olie
  • 2 uie, gekap
  • 750 g (2 pakke) Russiese worsies, in dik skywe gesny
  • 2 aartappels, in klein blokkies gesny
  • 2,5 ml gemengde droë kruie
  • knippie fyn kaneel
  • varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 250 ml beesvleisaftreksel
  • 185 ml appelsap
  • 3 appels, geskil en in blokkies gesny
  • 410 g (1 blik) perskeskywe, gedreineer en in blokkies gesny
  • 15 ml blatjang
  • 5 ml mielieblom
  • bietjie water

KORS

  • 400 g (1 rol) skilferkorsdeeg
  • 1 eier
  • bietjie melk

 

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 220 °C.
  2. Verhit die olie en soteer die uie tot sag en deurskynend.
  3. Voeg die worsies by en soteer tot gaar.
  4. Voeg die aartappels, kruie, kaneel, peper en vleisaftreksel by. Laat prut dit vir 15 minute.
  5. Voeg die appelsap, appels, perskes en blatjang by en laat dit nog 10 minute lank kook.
  6. Meng die mielieblom en water en roer dit by. Kook dit tot die sous begin dik word. Skep dit in ’n oondbak.
  7. Rol die skilferdeeg effens dunner uit.
  8. Smeer die kante van die oondbak met water. Plaas die deeg bo-oor en druk dit op die kante vas.
  9. Klits die eier en melk en verf dit oor die deeg. Bak dit ’n halfuur lank of tot goudbruin bo-op.

 

Bron: Lekker & Vinnig: Worsgeregte. Uit: Beste uit Vrouekeur 1 deur Marlo Carstens

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.