Soorte resepte:

Resep: Worsies met kerrieboontjies

Worsies met kerrieboontjies (Foto: Lapa-uitgewers)

Hierdie gereg sal jou van binne af opwarm dié winter.
Lewer 6-8 porsies

Bestanddele

  • 10 ml olie
  • 500 g worsies (vark-, beesvleis- of sojaworsies)
  • 2 groot uie, gekap
  • 1 selderystingel, gekap
  • 1 groot soetrissie, ontpit en gekap
  • 5 ml matige kerriepoeier
  • 2 groot tamaties, ongeskil en grof gekap
  • 410 g (1 blik) gebakte boontjies in tamatiesous
  • knippie knoffelsout
  • varsgemaalde swartpeper na smaak

Metode

  1. Verhit olie oor ’n lae tot matige temperatuur in ’n swaarboompan of -kastrol en braai die worsies tot goudbruin.
  2. Voeg die uie, seldery en soetrissie by en strooi die kerriepoeier oor. Soteer verder tot groente net sag is en voeg die tamaties by. Soteer nog 5 minute.
  3. Roer die boontjies by en prut saam tot deurwarm en tot die worsies gaar is. Geur met knoffelsout en peper en sit voor met bruinrys of koring en groente.

Bron: Lekker & Vinnig: Worsgeregte. Uit Eenpotgeregte deur An du Plessis

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.