Soorte resepte:

[Resep] Worskebabs met tuisgemaakte tamatiesous

Foto: Lekker en Vinnig

Worskebabs met tuisgemaakte tamatiesous. Foto: Lekker en Vinnig

Hierdie resep sal vleisliefhebbers opgewonde maak – en boonop is dit maklik ook!

Lewer 10-12 porsies

Bestanddele:

  • 400 g boerewors
  • 400 g skaapwors
  • 400 g varkwors
  • 12 klein mielietjies
  • 12 groot knopiesampioene
  • 100 ml gesmelte botter of margarien
  • 20 ml mosterdpoeier
  • 10 ml vars of 5 ml droë gemengde kruie

Tamatiesous

  • 1 groot tamatie, geskil en gekap
  • 2 sprietuie, gekap
  • 2 knoffelhuisies, geskil en gekneus
  • 10 ml vars of 5 ml droë pietersielie
  • 2 ml vars of 1 ml droë tiemie
  • 5 ml sojasous
  • 5 ml sout
  • varsgemaalde swartpeper
  • 10 ml bruinsuiker
  • 100 ml mayonnaise

Metode:

  1. Rooster al die wors 15 minute lank sowat 100 mm oor matige kole. Sny in 30 mm stukkies.
  2. Ryg drie soorte wors, mielies en sampioene afwisselend op vleispenne in.
  3. Meng die smeer, mosterd en kruie en bestryk die kebabs daarmee.
  4. Rooster die kebabs nog 5 minute lank laag oor die kole tot dit mooi verbruin. Bestryk voortdurend met bottermengsel.
  5. Sit dadelik met die tamatiesous voor.
  6. Tamatiesous: Verpulp die bestanddele in ʼn voedselverwerker.

Bron: Lekker en Vinnig – Wors
Uitgewer: Lapa
Resep oorspronklik gepubliseer in Braaitreffers, Hannetjie Joubert.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.