Soorte resepte:

Resep: Hoe om risotto te maak

Foto: Die Suid-Afrikaanse Vis- en Seekos Kookboek

(Foto: Die Suid-Afrikaanse vis-en seekos kookboek/Lapa Uitgewers)

Jy kan verskillende soorte groente, kruie en kaas byvoeg om verskeie geurige risottogeregte te maak.

Bestanddele:

  • 25 g botter
  • 25 ml olyfolie
  • 1 groot ui, fyngekap
  • 150 g Arborio-rys
  • 60 ml droë witwyn
  • 1 liter warm visaftreksel

Metode:

  1. Verhit die botter en olie in ’n groot kastrol met regaf sye.
  2. Voeg die ui by en soteer dit tot sag.
  3. Voeg die rys by en roer die mengsel versigtig om totdat elke ryskorrel met botter bedek is.
  4. Voeg die witwyn by en roer liggies totdat dit geabsorbeer.
  5. Gebruik ’n 150 ml-soplepel en voeg 1 lepel vol warm aftreksel by die rys.
    Enige vloeistof wat by die rys gevoegword terwyl dit kook, moet warm wees. As ’n koue vloeistof gebruik word, sal dit die ryskorrels skok, wat ’n onsmaaklike tekstuur tot gevolg sal hê.
  6. Roer oor matige hitte totdat die aftreksel geabsorbeer is en die rys amper droog is.
  7. Voeg nog ’n soplepel vol aftreksel by en herhaal die proses. Moenie meer as een soplepel aftreksel op ’n keer byvoeg nie. Hou op met aftreksel byvoeg wanneer die rys sag maar steeds ferm, al dente is.
    Die rys moet baie vogtig en romerig wees, maar nie loperig nie.
    Dit behoort omtrent 20 minute te neem. In hierdie stadium het jy ’n basiese risotto.

Bron: Die Suid-Afrikaanse vis-en seekos kookboek deur Susina Joooste en Henk Stander
Uitgewer: Lapa 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.