Soorte resepte:

[Resepte] “Kentucky”-hoender

Foto: Pixabay.com

Foto: Pixabay.com

Tuisgemaakte hoender is altyd meer smaaklik. Selfs die kinders sal van dié hoender hou.

Bestanddele:

  • Sny heel hoender in stukke of gebruik hoenderstukke van jou keuse.
  • 500 ml koekmeel
  • 2 ml sout
  • 5 ml peper
  • 2 ml Aromat
  • 2 ml braaivleisspeserye
  • 2 ml knoffelsout
  • ʼn knippie fyn kruienaeltjies
  • ʼn knippie gemengde kruie
  • ʼn pot kwart met olie

Metode:

  1. Meng die droë bestanddele goed saam.
  2. Rol die hoender in die meelmengsel.
  3. Braai die hoenderstukke in diep olie tot dit rondom goed gaar is.
  4. Plaas die stukke in ʼn oondskottel en bak vir ongeveer ʼn uur oor lae hitte.

Dié resep is oorspronklik in Knuppeldik aan koningskos gepubliseer
Uitgewer: Knuppeldik Trust
Om die resepteboek, Knuppeldik aan koningskos, te bestel, kontak Carien Liebenberg by 0833199636

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Deon ·

Goeie genugtig hier is darem maar baie sout in die resep! 2ml sout, 2ml aromat, 2ml braaivleisspeserye (wat ook sout bevat) en 2ml knoffelsout – al te saam 8ml sout!!!! Julle moet oppas, nou nou stel die regering ook `n sout belasting in.

Larissa ·

Dit lyk so heerlik. Ek sien uit na die dag wanneer ons gesondheidbewustes ook ‘n paar heerlike resepte gaan kry. Niks broderige, diepvet-gebraaide verleidelikhede nie ?

Theo van Ellinckhuyzen ·

Ek kook my hoenderstukke voor die tyd tot gaar. Dan is dit nie te droog nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.