Soorte resepte:

Sakpasresep: Viskoekies met sardyne

 sardien_resep_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Deesdae is dit vir talle gesinne nodig om hul rieme so ʼn bietjie stywer te trek. Maroela Media, in samewerking met Helpende Hand se #stophonger-veldtog, gaan vir die volgende paar weke elke week ʼn lekker sakpasresep verskaf.

Bestanddele

  • 1 blikkie sardyne (pilchards) in tamatiesous (gebruik die sous ook)
  • 2 eiers
  • 2 e asyn
  • 1 klein aartappel (gerasper)
  • 1 klein ui (gerasper)
  • 1 k koekmeel
  • 1 t bakpoeier
  • sout en peper na smaak
  • genoeg olie om die viskoekies in te bak

Metode

  1. Meng al die bestanddele goed.
  2. Skep lepels vol in warm olie en bak tot goudbruin.

Wenk van die week

Moenie aartappelskille weggooi nie. Bak dit in die oond en gebruik dit om sop of enige bredie mee te verdik.

Het jy ʼn lekker sakpasresep?

Stuur gerus jou resep vir ons en as Maroela jou resep publiseer, ontvang jy ʼn lekker geskenkpakkie!


Stophonger-logo.jpgHet jy geweet? 24% van kleuters gaan slaap elke aand honger*

Wil jy bydra om die nood van behoeftige kleuters te verlig?
SMS die woord “STOP” na 38969 (SMS kos R10) en dra by tot ʼn kosblikkie vir ʼn behoeftige kleuter of besoek hul webtuiste.

Die resep is verskaf deur Helpende Hand.
*Bron: Helpende Hand Hongersnoodverslag, Aug18

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Peet J ·

Die resultate op die foto lyk maar nie baie belowend nie. lyk maar baie bros sal maar die resep probeer volgens die bestanddele .

Arrian ·

Dis nie eers nodig om die aartappel te skil nie, was goed af en rasper sommer met skil en skil, so word al die goedheid uit die grond behou.

Zettie ·

Dit lyk en klink heerlik. Ek sou dit baie graag wou probeer, maar ek gril my morsdood vir die vissies omdat hul binnegoed nog nie uitgehaal is nie en dit my baie lank neem om elke vissie oop te sny en die binnegoed uittekrap. Baie sou nou sê maak dit fyn netso, maar ek weet nog steeds dat die vissies nie skoongemaak is nie. Dankie vir die moetie Maroela!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.