Soorte resepte:

Gebraaide Sangria-hoender

Genoeg vir 6

1 x 750 ml-bottel rosé of droë witwyn
1 lemoen, in skyfies gesny
1 suurlemoen, in skyfies gesny
5 ml (1 t) fyn kaneel
3 heel kruienaeltjies
30-40 ml (2-3 e) brandewyn
60 ml (4 e) suiker
1 groot hoender
olyfolie
sout en varsgemaalde swartpeper

1. Meng die wyn, sitrusskyfies, kaneel, naeltjies, brandewyn en suiker in ‘n pot. Verhit totdat dit liggies prut en roer om die suiker te laat oplos. Haal van die hitte af en laat heeltemal afkoel.
2. *Vlek die die hoender. Gebruik ‘n skerp mes en maak snitte in die vleis oor die bors- en dygedeeltes. Dit help om die geure lekker in die vleis te laat intrek.
3. Plaas die hoender in ‘n Ziploc-sak en giet die afgekoelde wynmengsel daarby. Laat oornag in die yskas marineer.
4. Haal die hoender uit die marinade net voordat jy dit begin braai – behou die marinade. Druk die hoender droog met handdoekpapier, vryf die vleis met olyfolie in en geur deeglik met sout en peper. Braai die hoender, velkant na bo, vir 30 minute. Draai  dan om en braai vir nog 20-30 minute.
5. Giet die behoue marinade in ‘n pot en verhit to dit vinnig kook. Syg dit deur ‘n sif en sit voor saam met die hoender.

*Vlek: Plaas die hoender op ‘n bord, borskant na bo. Gebruik ‘n skerp mes of kombuisskêr en sny of knip dit al langs die een kant van die ruggraat. Draai die hoender om en sny of knip dit a. lang die ander kant van die ruggraat.

Oorspronklik gepubliseer in Hilary Biller se Japtrap-braai
Uitgewer: Struik
Prys: R160-00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.