Soorte resepte:

Seekostert

Lewer 8 tot 10 porsies

Kors
375 ml (1 ½ k) koekmeel
75 ml (5 e) mielieblom
knypie sout
250 g (½ blok) botter
100 ml koue water
1 ekstragroot eiergeel

Vulsel
bietjie olie
1 ui, fyngekap
2,5 ml (½ t) droë knoffelvlokkies
10 ml (2 t) vars pietersielie, fyngekap
500 g (1 pak) gaar skelvis, gevlok
85 g (1 blikkie) mossels, gedreineer
250 ml (1 k) cheddar, gerasper
250 ml (1 k) room
125 ml (½ k) melk
3 ekstragroot eiers
250 ml (1 k) vars witbroodkrummels
2,5 ml (½ t) Dijon-mosterd
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

METODE

Stel oond op 180 °C.

1. KORS Sif meel, mielieblom, sout en kremetart. Vryf botter daarby in tot dit soos broodkrummels lyk.
2. Klits water en eiergeel en meng by meelmengsels tot dit deeg vorm.
3. Plaas deeg in plastieksakkie en verkoel vir halfuur in yskas.
4. Rol deeg op meelbestrooide oppervlak uit. Voer gesmeerde koekpan met 26 cm-deursnee met deeg.
5. Prik bodem van kors en bak vir 12 minute blind.
6. Verwyder bakpapier en boontjies. Bak tertkors vir nog 5 minute.
7. VULSEL Verhit olie en soteer ui daarin tot sag. Voeg knoffelvlokkies en pietersielie by en soteer nog 2 minute. Verwyder van hitte.
8. Skep uimengsel in tertkors. Skep skelvis en mossels bo-op.
9. Sprinkel kaas bo-oor.
10. Klits room, melk en eiers. Roer broodkrummels, mosterd, sout en peper by.
11. Gooi roommengsel bo-oor vulsel in tertkors en bak vir 30 minute of tot gestol in middel.

Oorspronklik gepubliseer in 50 beste gebak uit Vrouekeur deur Marlo Carstens.
Uitgewers: Lapa
Prys: R135-00*
* Prys onderhewig aan verandering

Net soos ʼn pannekoek met die beste resep nog steeds kan flop, kan Maroela nie pa (of ma!) staan vir enige van die resepte wat jy self by die huis probeer nie. Elke koppie meel, bakpoeier, melk, eier of enige ander bestanddeel is dus in jou eie hande en Maroela Media kan nie enige verantwoordelikheid aanvaar vir komplimente (of klagtes) oor jou kookvernuf nie. -Red

Deel van: Vleis en seekos

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae