Een van ons lesers, Leon, het vir ons dié resep gestuur. Hy sê dit is een manier om dit gesin te oorreed om (baie gesonde) broccoli te eet!
Die resep is vir vier mense.
Bestanddele:
Pakkie strikdas pasta
Een halwe vars broccoli-kop (in stronkies gesny)
Een vars hoenderfillet per persoon (die resep is vir 4 mense)
Een medium ui in skyfies gesny of opgekap
Twee eetlepels mosterd (verkieslik Dijon met die mosterdsade)
Kwart koppie 100% lemoensap
Kits pastasous van jou keuse
Metode:
1. Kook die pasta na smaak
2. Terwyl die pasta kook, sny die hoenderfillette in stukkies en kook met lemoensap en ui tot gaar na smaak. (Gooi speserye by na smaak – wat jy dink is lekker.)
3. Roer die mosterd by en kook verder sonder ‘n deksel tot die pan of pot effens ‘droog’ is. Jy kan minder of meer mosterd gebruik na gelang van die ander speserye wat jy wil gebruik.
4. Maak die kits pastasous aan volgens die pakkie se instrukies.
5. Vyf minute voor die pasta gaar is, gooi die broccoli-stukkies by en kook verder. Die broccoli moenie heeltemal pap kook nie – net effens sag.
6. Dreineer die pasta en roer die pastasous by.
7. Meng die hoenderstukkies in en bedien!