Soorte resepte:

Resep: Tamatiesop

Argieffoto (foto: Pixabay)

Susan Lombaard

Ek is ʼn vrot kok, maar ek kán sop maak. Mense wat nie van sop hou nie, verstaan nie die hart van sop nie – dis nou myns insiens. Probeer hierdie ryk tamatiesop wat ek self uitgedink het en jy sal nooit weer dieselfde oor sop dink nie.

Bestanddele:

1 ui, gesny en deurskynend gebraai
2 aartappels, geskil en in blokkies gesny
2 blikke heel kersietamaties
1 blik tamatie- en uiesous
2 tamaties, in blokkies gesny
500 ml vars room
1 wiel fetakaas
1 blik soetmielies
10 olywe, ontpit en gesny
4 hoë teelepels songedroogde tamatie-tapenade (by Woolworths)
½ pakkie Ina Paarmans songedroogde tamaties in olyfolie
1 pakkie spek, fyn gesnipper en bros gebraai
1/3 pakkie chakalaka soppoeier
½ pakkie tamatieroomsoppoeier
Sampioene (opsioneel)
2 knoffelhuisies, gekneus (opsioneel)
Pietersielie
Origanum
Kookwater

Metode:

  • Gooi al die bestanddele behalwe die spek in ʼn stoompot en kook onder druk vir 1 uur.
  •  Maak glad in ʼn voedselverwerker.
  •  Voeg die gebraaide spek net voor opdiening by.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.