Soorte resepte:

Worsverrassing vir pasgetroudes

Elsabé Groenewald

Toe ek en my man net getroud is, het ons gereeld hierdie resep gemaak. Deels omdat dit maklik is, deels omdat dit vinnig is (pasgetroudes het mos beter dinge om te doen as kook) en deels omdat dit redelik goedkoop is. Dis nie noodwendig ʼn baie gesonde ete nie, maar saam met ʼn lekker slaai smaak dit vorentoe!

Bestanddele:

1 ½ koppie witrys (rou)
1 pak wors (sowat 500g)
1 pakkie bruinuiesoppoeier
4 ½ koppies kookwater

Metode:

  1. Gooi die rys onderin ʼn gesmeerde oondbak.
  2. Pak die stukke wors bo-op.
  3. Strooi die bruinuiesoppoeier oor.
  4. Gooi die water oor wors.
  5. Bak vir 1 uur, met ʼn deksel op, teen 180 grade.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Geraldine Burton ·

Ek neem aan die water word na die soppoeier bygevoeg?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.