Elsabé Groenewald
Toe ek en my man net getroud is, het ons gereeld hierdie resep gemaak. Deels omdat dit maklik is, deels omdat dit vinnig is (pasgetroudes het mos beter dinge om te doen as kook) en deels omdat dit redelik goedkoop is. Dis nie noodwendig ʼn baie gesonde ete nie, maar saam met ʼn lekker slaai smaak dit vorentoe!
Bestanddele:
1 ½ koppie witrys (rou)
1 pak wors (sowat 500g)
1 pakkie bruinuiesoppoeier
4 ½ koppies kookwater
Metode:
- Gooi die rys onderin ʼn gesmeerde oondbak.
- Pak die stukke wors bo-op.
- Strooi die bruinuiesoppoeier oor.
- Gooi die water oor wors.
- Bak vir 1 uur, met ʼn deksel op, teen 180 grade.
Ek neem aan die water word na die soppoeier bygevoeg?