Soorte resepte:

Braaihoender met sitrus en kruie

Braaihoender met sitrus en kruie (Foto: Lapa-uitgewers)

Braaihoender vir ’n somervakansie.

Genoeg vir 4 tot 6

Bestanddele:

  • ¼ k (60 g) sagte Clover Mooi River-botter
  • sap en skil van 1 suurlemoen
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 1 hoender van ongeveer 2,3 kg
  • 1 lemoen, gehalveer
  • 2 takkies suurlemoentiemie
  • 1 takkie roosmaryn
  • 2 e (30 ml) Clover Mooi River-botter, gesmelt

Metode:

  1. Voorverhit die oond tot 190 ° Meng die botter en suurlemoensap en skil saam en geur met sout en peper.
  2. Droog die hoender goed met kombuispapier af. Maak die hoendervel oor die borsgedeelte los van die vleis en smeer die bottermengsel onder die vel.
  3. Plaas die hoender in ʼn oondbraaipot en geur binne die maagholte met sout en peper.
  4. Druk die lemoenhelftes en die kruie binne-in die holte.
  5. Verf die hoender met gesmelte botter en geur met sout en peper.
  6. Oondbraai die hoender in die middel van die oond vir 1½ tot 1¾
  7. Toets vir gaarheid deur die dikste deel van die dy met ʼn ysterpen te steek.
  8. Indien die sappe helderkleurig is, is die hoender gaar. Laat die hoender 10 minute rus voordat dit gesny word.

Resep: Trooskos

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.