Soorte resepte:

Hap saam met Lochner: Roosmaryn-sosaties

Roosmaryn-sosaties (Foto: Maroela Media/Janie Monsieur)

Hierdie sosatie het nie net ʼn roosmaryngeur nie, maar ʼn roosmaryntakkie dien as die sosatiestokkie!

Bestanddele

  • 2 roosmarynstokkies
  • 1 geel soetrissie, in blokkies gesny
  • 1 pers ui, in blokkies gesny
  • sampioene, in die helfte gesny
  • 500 g bees of volstruisvleis, in blokkies gesny
  • olyfolie
  • suurlemoensap
  • gemengde vars kruie

Metode

  1. Verwyder omtrent die helfte van die roosmaryntakkies se blare, sodat dit as die sosatiestokkie gebruik kan word. Knip die punt van die takkie sodat die punt skerp is.
  2. Begin die sosatie op die roosmaryntakkie ryg in hierdie volgorde: soetrissie, ui, sampioen, vleis. Herhaal tot die roosmaryntakkies vol is.
  3. Meng ʼn bietjie olyfolie met ʼn skeut vars suurlemoensap. Maak ʼn paar takkies kruie aan mekaar vas en gebruik dit as ʼn kwassie. Verf dan die oliemengsel oor die sosatie met die kwassie wat jy gemaak het.
  4. Verf nog ʼn bietjie van die oliemengsel oor ʼn warm braaipan en braai die sosaties op ʼn pan of bak dit in die oond tot die vleis gaar is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.